Kuilvoerkoning 2017

Westend Landgoed berkoon as 2017 se #kuilvoerkoning

14 September 2017

Westend Landgoed is tydens die ALFA 2017 Dinee Donderdagaand, 14 September by die Afridome Skougronde in Parys as 2017 se Santam Landbou kuilvoerkoning aangewys.

Westend Landgoed berkoon as 2017 se #kuilvoerkoning

Van links na regs: Richardt Venter, mede-koördineerder van die kompetisie, Gerhard Diedericks, hoof van Santam Landbou, die hoofborg van die kompetisie, Hano Lombard, Uitvoerende Direkteur van Westend Landgoed en sy vrou Imke Lombard. [Foto deur: Agriorbit]


Die afwagting in aanloop tot die dinee was groot met die kategoriewenners wat reeds vroeër die week aangekondig is. Westend Landgoed was die wenner in die mieliekuilvoer kategorie terwyl Sparta Baby Beef en Danie Louw onderskeidelik die sorghum en hawer kategorieë gewen het. Hierdie drie kategoriewenners was dan ook die drie finaliste in die Santam Landbou Nasionale Kuilvoerkompetisie.

Die kompetisie wat jaarliks deur Veeplaas en Stockfarm aangebied word het ten doel om goeie kuilvoerpraktyke te bevorder. Hoof van Santam Landbou, Gerhard Diedericks het voor die oorhandiging gesê: “As ons die nasionale beraamde kuilvoerproduksie (nat) van ongeveer 9 miljoen ton gebruik en die prys per ton R500 maak, sal ‘n skamele 3% verbetering in kuilvoerproduksiemetodes ‘n besparing van R135 000 000 beteken. Dit is hoekom dié kompetisie so belangrik is.”

Volgens die voorsitter van die kompetisie se protokolkomitee, prof Robin Meeske, is die twee grootste faktore wat steeds tot kuilvoerverliese lei swak kompaksie van die boonste laag en kuilvoermielies wat te vroeg gesny word en dus te nat is. – Izak Hofmeyr, Veeplaas

Hierdie is ‘n verwerking van die artikels soos geplaas op www.agriorbit.com. Sien die volledige artikels hieronder:

#Kuilvoerkoning se kategoriewenners bekend

12 September 2017 www.agriorbit.com

Met die bekendmaking van die kategoriewenners van die Santam Landbou Nasionale Kuilvoerkompetisie op die eerste dag van ALFA 2017, bou die afwagting op na die aankondiging van die 2017 Santam Landbou Kuilvoerkoning. Die aankondiging word Donderdagaand tydens die ALFA-dinee by die Afridome in Parys gemaak.

Lees Meer

Santam Landbou #kuilvoerkoning-finaliste bekend

7 September 2017 www.agriorbit.com

Nadat meer as 10 000km afgelê is om kuilvoermonsters te neem vir die Santam Landbou Nasionale Kuilvoerkompetisie, en dié monsters na plaaslike én Amerikaanse laboratoriums gestuur is vir ontleding, is die #kuilvoerkoning-finaliste nou bekend.

Lees Meer