Kuilvoerkoning 2018

Westend Landgoed bekroon as kuilvoerkoning vir tweede agtereenvolgende jaar

18 September 2018

Die vyfde Santam Landbou Nasionale Kuilvoerkompetisie is op 18 September tydens die jaarlikse ALFA galadinee aangewys waar Westend Landgoed vir die tweede agtereenvolgende jaar met die louere weggestap het.

Cras tempus ligula a tempor adipiscing

Werner le Roux van Westend Landgoed, prof Robin Meeske, voorsitter van die kompetisie se protokolkomitee, Jaco Faasen van Nutribase, Hano Lombard van Westend Landgoed, kategoriewenner mieliekuilvoer, Richardt Venter, kompetisie-adviseur, Nico Barnard van PANNAR Saad, vanjaar se kompetisieprysborg, Dominique Blandin de Chailan (voor) en Arné Verster van Agri Merensky, wenner in die kategorie voersorghumkuilvoer, Ockert Einkamerer, kompetisiekoördineerder van die Universiteit van die Vrystaat, Andries Engelbrecht van Leading Edge, Johan Mostert van Dasvlei, wenner in die kategorie hawerkuilvoer, en Hanlie Kroese, bestuurder besigheidsontwikkeling by Santam. [Foto deur: Agriorbit]


Vanjaar is 74 kuilvoerbunkers en/of -silosakke in drie kategorieë naamlik: mieliekuilvoer, voersorghumkuilvoer en hawer (kleingrane) kuilvoer ingeskryf.

Vanjaar se prysborg was PANNAR Saad en hulle het sakkies saad ter waarde van bykans R100 000 geskenk aan die drie kategoriewenners, asook die algehele wenner en die skolewenner. PANNAR het ook deelgeneem deur kliënte se kuilvoer in te skryf vir die kompetisie, net soos die naamborg, Santam Landbou. In beide die borge se geval het van hulle inskrywings nie net die top tien gehaal nie, maar ook ‘n kategorie gewen of in die top drie van ‘n kategorie geëindig.

In die algehele eerste plek en wenner van die mieliekuilvoer-kategorie was dit Westend Landgoed te Morgenzon in Mpumalanga wat bestuur word deur Hano Lombaard. Die bunker is deur Nutribase ingeskryf. Die algehele skole wenner in die kategorie voersorghum was Agri Merensky in samewerking met Limpopo Dairies, gestasioneer te Louis Trichardt. Die bunker is deur Santam Landbou ingeskryf. In die hawersorghum (kleingrane) kategorie het Dasvlei, bestuur deur Johan Mostert, te Philadelphia die eerste plek verower. Die kategorie is ingeskryf deur Leading Edge.

Hierdie is ‘n verwerking van die artikels soos geplaas op www.agriorbit.com. Sien die volledige artikels hieronder:

Suid-Afrika kroon sy vyfde kuilvoerkoning

26 September 2018 www.agriorbit.com

Die land se vyfde kuilvoerkoning is op 18 September tydens die jaarlikse Alfa galadinee en prysuitdeling gekroon. Die wenner in vanjaar se Santam Landbou Nasionale Kuilvoerkompetisie is Westend Landgoed – ‘n uitstekende prestasie siende dat Westend Landgoed ook die 2017 kuilvoerkoning was. Die toekenning is tydens die dinee deur Hanlie Kroese van Santam aan Hano Lombard oorhandig.

Lees Meer

2018 Santam Landbou #kuilvoerkoning-finaliste aangewys

5 September 2018 www.agriorbit.com

Die finaliste in die jaarlikse Santam Landbou Nasionale Kuilvoerkompetisie is pas aangewys. Dié kompetisie wat reeds ’n instelling op die landboukalender is, word vanjaar vir die vyfde keer aangebied. Dit is ’n projek van Plaas Media en word deur die maatskappy se mediaplatforms, Veeplaas, Stockfarm, Grootplaas, RSG Landbou en www.agriorbit.com, ondersteun.

Lees Meer