2019 Kuilvoerkoning

Westend Landgoed palm derde kuilvoerkoning titel in
Westend Landgoed, Morgenzon

Westend Landgoed is vir die derde jaar in ’n ry as die Santam Landbou Nasionale Kuilvoerkoning gekroon met Besturende Direkteur, Hano Lombard se mieliekuilvoer wat weereens as die beste kuilvoer in die kompetisie getoets is. Die kompetisie is vanjaar vir die sesde keer aangebied in samewerking met Plaas Media.

Cras tempus ligula a tempor adipiscing

Westend, wat deur Kemin Industries ingeskryf is, is benoem as die algehele wenner en ook die wenner in die mieliekategorie. Hurwitz Farming was die wenner van die sorghumkategorie met ’n silosak en is deur Budissa Agroserve ingeskryf. In die hawerkategorie het De Draay koning gekraai met ’n bunker wat deur Meadow Feeds Paarl ingeskryf is.

Die kategoriewenners is aangekondig tydens ’n mini-konferensie wat by ALFA plaasgevind het en die algehele wenner is tydens die ALFA-dinee aangekondig.

Die inligting is verwerk vanaf die ’n plasing soos gemaak op AgriOrbit se webblad.