2021 Kuilvoerkoning

Westend Landgoed is terug op die nommer een plek,
gekroon as 2021 se Kuilvoerkoning
Westend Landgoed, Morgenzon

Westend Landgoed wen vir 'n vierde keer in die afgelope vyf jaar die titel as Kuilvoerkoning. Die titel word verower met ’n grondbunker wat deur Nutribase ingeskryf is. Hano Lombard en die span by Westend Landgoed het in 2017, 2018 én 2019 ook hierdie kategorie en die algehele kompetisie gewen. Die kompetisie is vanjaar vir die agste keer aangebied in samewerking met Plaas Media.

Cras tempus ligula a tempor adipiscing

Kompetisie onder vanjaar se inskrywings was straf, veral in die mielie- en hawerkategorieë. Die hawerkategorie het drie vorige kategoriewenners onder die top vier finaliste opgelewer, terwyl die mieliekuilvoerkategorie drie vorige kategorie- en algehele wenners onder die top vyf finaliste gehad het. Die top tien mielie-inskrywings was gelyk verdeel tussen bunkers en silosakke.

Uit die rekord 103 inskrywings was 72 mieliekuilvoer, 18 kleingraankuilvoer (hawer), sewe voersorghumkuilvoer en ses kuilvoerbale (toetskategorie). ’n Totaal van 23 maatskappye en produsente het hul kliënte of eie plase ingeskryf. Elf van die maatskappye was nuwe toetreders tot die kompetisie.

Lees die volledige verslag op AgriOrbit se webblad.