2019 Produksieveiling

Suksesvolle 12de Jaarlikse Produksieveiling
Westend Landgoed, Morgenzon

Westend Landgoed se 12de Jaarlikse Produksieveiling het op 6 Maart 2019 buite Morgenzon plaasgevind. Op die veiling, wat in samewerking met OVK aangebied is, is top kwaliteit kommersiële Drakensberger vroulike diere en een van die beste Merino-kuddes in die hoëveld ten toon gestel.

Cras tempus ligula a tempor adipiscing

PM Swart was die afslaer op die suksesvolle dag waar al die diere op aanbod verkoop is.

  • 110 Dragtige koeie is teen 'n gemiddelde prys van R14 840 verkoop, hoogste prys is toegeslaan op 'n groep van 10 vir R15 500.
  • 55 Dragtige verse is teen 'n gemiddelde prys van R14 277.27 verkoop, hoogste prys R15 000.
  • 122 (3 in 1) koeie en kalwers is vir gemiddeld van R18 790.98 verkoop, hoogste prys R19 500.
  • JW van Niekerk & Seuns van Amersfoort en BST Boerdery van Ermelo was die grootste kopers tydens die Drakensbergerveiling.
  • Die dragtige Merino ooie is teen 'n gemiddelde prys van R2 650 verkoop.

Die inligting is verwerk vanaf die ’n plasing soos gemaak op OVK se Facebookblad.

Dankie aan elkeen wat die dag bygewoon en ondersteun het.